VINNIGE LEMON MERINGUE
Hoekom moet ek so lank lus wees vir ‘n tert wat ek self kan maak.
- 1 pakkie suurlemoen geur Tennisbeskuitjies
- 80 ml gesmelte botter
- 2 blikke kondensmelk
- 4 eiergele, geskei (hou witte eenkant)
- 250 ml suurlemoen sap
Maak die beskuitjies fyn en meng met die gesmelte botter.
Druk vas in ‘n tertbak vir die kors. (22 tot 23cm)
Meng die res van die bestanddele saam.
Skep bo-op die kors.
Plaas in die oond op 180°C vir 10 min.
Klits eierwitte tot styf.
Voeg ‘n eetlepel suiker en paar druppels suurlemoen geursel (optional die geursel, ek hou van dit want dit gee ‘n verdere suurlemoen smaak) by.
Klits tot goed gemeng.
Skep eierwitmengsel bo-oor en bak tot eierwit droog en bruin is, so 15 minute.
Resep en foto: Bernice Walters