Your Recipe Blog

VINNIGE GRONDBOONTJIEBOTTERKOEKIES

Cook: 10 - 12 minutes | Servings: 12 - 15 cookies

VINNIGE GRONDBOONTJIEBOTTERKOEKIES

As jy lus is vir koekies saam met koffie, maar jy is lui en haastig soos ek, is hierdie die vinnigste resep ooit! 3 Bestanddele, en 10-12 minute in die oond. En as jy versoeter in plaas van suiker gebruik, is dit keto en diabeties vriendelik ook!
3 Bestanddeel grondboontjiebotter koekies wat ek aangepas het met ‘n paar bestanddele.

  • 1 koppie grondboontjiebotter
  • ½ koppie suiker of versoeter (soos xylitol of erythritol)
  • 1 eier
  • 1 teelepel vanilla, opsioneel
  • 6 blokkies donker (80%) sjokolade fyn gekap, opsioneel
  • 15 halwe grondboontjies vir bo-op, opsioneel

Meng al die bestanddele saam buiten die halwe grandbone, en rol in 12-15 balletjies.
Pak uit op ‘n bakplaat wat bedek is met bakpapier, en druk elke balletjie plat met ‘n vurk wat in water gedompel is. Druk ‘n halwe grondboontjie bo-op elke koekie vas.
Bak vir 10-12 minute by 160 ºC tot goudbruin, en geniet!

Nota:
Mens kan ook net die eerste 3 bestanddele meng en die koekies bak.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page