Your Recipe Blog

VINNIGE GEEN-KNIE KAASBROODJIE

Recipe by
Cook: 30 minute

VINNIGE GEEN-KNIE KAASBROODJIE

  • 4 koppies koek- of broodmeel
  • 1 pakkie gis
  • 2 koppies louwarm water
  • 2 teelepels sout
  • 2 teelepels suiker
  • 2 koppies gerasperde kaas

Meng alles, behalwe een koppie kaas, met ‘n lepel.
Laat die deeg rys totdat dit verdubbel in volume.
Voorverhit die oond tot 220 °C.
Gebruik ‘n vurk om die deeg weer af te slaan (dis ‘n baie nat deeg).
Plaas die deeg in twee pannetjies en laat dit weer rys tot dubbel die volume.
Sprinkel die res van die kaas oor die twee broodjies.
Bak vir 10 minute by 220 °C en dan vir nog 20 minute by 180 °C.

Resep en foto: Natacha Visagie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5