Your Recipe Blog

VINNIGE EN MAKLIKE BESKUIT

Recipe by
Cook: 60 minute | Servings: 60 groot stukke

VINNIGE EN MAKLIKE BESKUIT

Resep en foto:  Louisa Rossouw Hollenbach

  • 500 g (1 pak) botter
  • 500 ml (2 koppies) suiker
  • 500 ml (2 koppies) karringmelk
  • 9 koppies koekmeel
  • 5 ml (1 teelepel) sout
  • 60 ml (4 eetlepels) bakpoeier
  • 4 eiers
  • Stel oond op 180°C.
  • Smeer ‘n oondpan van 28cm x 38cm op die bodem en kante goed met botter.
  • Smelt botter en roer suiker by. Roer goed.
  • Roer karringmelk by bottermengsel en hou eenkant.
  • Sif koekmeel, sout en bakpoeier saam.
  • Klits eiers goed en roer by karringmelkmengsel in. Voeg by koekmeelmengsel en meng goed.
  • Rol deeg in balle en pak in voorbereide pan.
  • Bak vir 60 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  • Laat beskuit afkoel en breek in stukke (wees versigtig, beskuit is baie bros, ek het dit gesny).
  • Droog beskuit teen 70°C vir ongeveer 5 uur.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page