Your Recipe Blog

VINNIGE BROODROLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 12 minute | Servings: 6-8 rolletjies

VINNIGE BROODROLLETJIES

Die deeg is bietjie swaarder, maar nie so erg nie. Dis nie fluffy witbrood deeg nie, dan kan jy maar net sowel Spar toe gaan en brooddeeg koop om jouself al die moeite te spaar om alles te maak. Ek maak kleiner rolletjies want ek het gevind dit kom ligter uit as wat jy net die 6 groot rolletjies maak.

  • 2 eetlepels kitsgis
  • 1 koppie warm water (maar nie te warm nie)
  • ⅓ koppie olie
  • ¼ koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 teelepel sout
  • 3 ½ of 4 koppies koekmeel

Meng die gis, water, olie en suiker saam en laat staan vir so 5 minute.
Meng in die sout, eier en meel om ‘n sagte deeg te vorm. Ek het die meel koppie vir koppie by gegooi.
Keer die deeg uit en knie tot dit nie meer taaierig is nie.
Verdeel die deeg in 6 dele en rol dit in balle.
Plaas dit op jou gespuite bakplaat en gooi ‘n doek oor.
Laat dit staan vir so 10 minute.
Bak vir 10 – 12 minute of tot mooi goud bruin op 200 ºC.
Geniet!

Foto – Nadia Thölix
Foto 2 – Wilanda Räsänen  – 16 rolletjies teen 98 g elk.
Hulle is baie lekker, ek het ook sommer ‘n baksel gemaak vandag nadat ek Nadia se resep gesien het. Soos Nadia het ek ook kitsgis gebruik. Sal my deeg volgende keer in 8 deel, kleiner broodjies vir die kinders.
Ek het 6 teen 153 g elk ( rou deeg ) gekry… dink 8 broodjies sal ok wees.
Ek het die broodrolletjies weer gebak. Weereens is ek baie gelukkig met die resultaat. Ek het 5 koppies meel gebruik hierdie keer en 16 rolletjies gemaak. Die kitsgis wat ons kry sê 1 pakkie op 500 ml vloeistof vir brood en rolletjies wat ek ook gedoen het. Hulle is lekker sag en net reg vir die kinders. As dit saam met ‘n ete bedien moet word sou ek dit kleiner maak. Ek het melk oor gesit voordat ek hulle in ‘n 200 ºC oond gesit het vir 12 min. 😊

4 Reviews

  1. Tracy

    Ek is tans in Kanada en was opsoek na n vinnige en suksesvolle resep. Hierdie een is regtig perfek. Baie tevrede met my rolletjies. Presies die resep gevolg en baie beindruk. Sal net kleiner bolletjies maak volgende keer.:) Baie dankie.

    Star
  2. Karien

    My rolletjies is nou in die oond, maar bak al 17 minute, op 200 maar nog nie eers begin verkleur nie. Ek weet nie of ek iewers iets verkeerd gedoen het nie, maar hulle bak beslis nie mooi bruin in 12 minute se tyd nie

    • Hi Karien, ek hoop die rolletjies het lekker gekom, ek sien altwee die mense wat dit gebak het praat van 12 minute, maat oonde verskil baie, so bak maar tot gaar en mooi kleur…. dalk ‘n los termometerjie koop en in jou oond sit, dan weet mens altyd dat jou oond temperatuur reg is. Lekker eet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page