VINNIGE BROODPOEDING VIR 2
- 3 snye vars brood
- 2 groot eiers
- 2 eetlepels suiker
- 6 eetlepels melk
- ¼ teelepel vanilla geursel
- 1 ‘Top Deck’ sjokolade
Sny korsies van die brood af en sny die brood in blokkies.
Meng 2 eiers, suiker, melk en vanilla geursel saam.
Sny sjokolade op in stukkies.
Plaas die broodblokkies en sjokolade saam in die eiermengsel.
Meng goed.
Spuit/smeer 2 koppies/ramekins goed.
Deel die broodmengsel tussen die koppies/ramekins.
Ek het klein bietjie kaneelsuiker oor gegooi voor ek dit in die oond gesit het.
Bak in oond vir so 20 minute teen 180°C.
Geniet saam vla of roomys.
Resep en foto: Natania Malan