Your Recipe Blog

VINGERLEK LEKKER TAAI BEESSTERT

VINGERLEK LEKKER TAAI BEESSTERT

Hoeveelhede van na gelang van aantal porsies.

Braai, kook jou beesstert in ‘n pot op die stoof met sout, peper, Worcertersous, uie en knoffel tot lekker bruin.
Dit neem so min of meer ‘n uur.
Giet 500 ml coke by in die pot en kook weer vir so 20 minute.
Note:
Hier moet jy maar toets of jou vleisies al redelik sag is. As dit sag is, plaas jy dit oor in ‘n oond pan.

Meng die volgende “wondersous” oor die stert stukke.
Sny ‘n ui en pak bo-oor.
Bak in die oond vir ongeveer ‘n half uur teen so 180°C, maar hou dop sodra hy “sticky” genoeg is is hy reg vir eet.

  • Wondersous:
  • 500 ml Old Brown sherry
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • sout en peper na smaak
  • Cayene peper na smaak
  • 125 ml soetrissie bladjang
  • gemengde kruie na smaak
  • 5 ml gemmer

Lekker eet!

Foto en resep: Ronel Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page