Your Recipe Blog

VETVROU PASTASLAAI

VETVROU PASTASLAAI

Goeiemôre aan almal hier vanuit NZ. Ek is besig om van my Kerskosse te maak en wil graag hierdie eenvoudige, maar baie lekker slaai met julle deel. Die naam van die slaai het sy naam gekry by die tannie wie dit altyd gemaak het en dis al vir jare ‘n groot gunsteling onder almal. Jy sal beslis vir die resep gevra word. Dis heerlik saam met braaivleis en koue vleise, ideaal vir Kersfees.

  • 1 pak spaghetti, gekook volgens aanwysings op die pakkie
  • 250g spek (bacon), in kleinerige blokkies gesny
  • 1  fyngekapte ui
  • 250 ml olie (ek gebruik Canola)
  • 250 ml suiker
  • 2 x 115 g blikkies tamatie pasta (tomato paste)

In die bak waarin jy die slaai gaan opdien – meng die olie, suiker en tamatie pasta tot die olie goed gemeng is met die tamatie pasta. Die tamatie pasta sal lyk of dit skif, maar dis reg so.
Braai die spek en uie tot gaar en voeg dit dadelik by die tamatie pasta mengsel. Meng goed deur.
Voeg nou die gedreineerde warm, gaar spaghetti by die spek en tamatie pasta mengsel. Gebruik 2 vurke en meng goed deur.
Soos wat die slaai “trek”, sal die spaghetti al die olie opsuig. Dit is dus belangrik om die spek, uie en spaghetti dadelik by die tamatie pasta mengsel te voeg.
Bedien teen kamertemperatuur.

Resep geplaas deur Landi Hartzenberg Ferreira
Fotos – Landi Hartzenberg Ferreira

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page