VETKOEK TUNA VULSEL
- 1 groot blik tuna in water
- 20 ml vars fyngekapte pietersielie
- 15 ml fyngekapte vars kruisementblare
- 6-8 spinasieblare, grof gesny
- 200 ml sampioene, in skywe gesny
- 30 ml suurlemoensap
- sout
- dik kaaswitsous
Voeg alles bymekaar, tuna water ook in ‘n mikrogolf bak.
Kook in mikrogolfoond vir 5 minute, roer deur, kook weer 5 min.
Maak ‘n dik kaaswitsous en roer by die tunamengsel, sit peper na smaak by.
Bedien met ekstra suurlemoensap.
Ook baie lekker as pannekoek vulsel.
Enjoy!
Resep en Foto: Floraine Wasserman Venter