VETKOEK EN BROODROLLETJIES
Ek koop gewoonlik deeg om vetkoek of broodjie te bak. Vandag was daar nie deeg by die winkel, en ek besluit om self te knie. Ek is so in my skik met die resultate, en deel dit graag met julle.
- Vetkoek:
- Meng die volgende en laat rys vir omtrent 1 uur:
- 1 pakkie suurdeeg
- 1 eetlepel koekmeel
- 1 koppie lou water
- Voeg die volgende daarby:
- 4 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
Meng en knie goed.
Maak die deeg toe en laat rys vir 1 uur op ‘n warm plekkie.
Vorm vetkoeke en bak in olie tot mooi bruin.
Broodrolletjies:
Volg die bogenoemde resep, wanneer klaar gerys, vorm rolletjies, pak op ‘n voorbereide oondplaat en bak in die oond teen 170ºC vir ongeveer 30 – 45 min.
Ek het dit in my klein halogeen oondjie gebak, 15 min op 150 ºC, toe 5 min op 175 ºC. Die onderkante wou nie bruin word, ek dit omgedraai, maar versigtig vir te droog bak, ek dit op foelie gebak. Weet nie of die foelie veroorsaak dat dit nie onder ook wou bruin word nie. Dis heerlik sag en glad nie kluitjie, ek was verbaas, eerste keer wat ek met die oondjie gedoente bak.
Resep en foto: Wilma Scott
Kiti de Jager
Jou water/flour ratio is bietjie min Wilma. Maak dit 1.3 koppies water vir ‘n sagter deeg. Mens noem dit hydration factor. 60% hydration is baie beter as die 40% wat jy op die oomblik het.