Your Recipe Blog

“VERHOOGTE” TAMATIESLAAI

“VERHOOGTE” TAMATIESLAAI

Resep en foto: Marian van Deventer
Hoeveelhede na gelang van aantal porsies

  • groot heel ferm tamatie per persoon
  • gewone jogurt
  • roomkaas
  • knoffel
  • komkommer
  • tamaties, olywe, uie, agurtjies of enige slaai bestanddele om saam met die komkommer te sny
  • balsamiese asyn
  • olyfolie
  • gemengde sade
  • spriet uie, fyn gekerf
  • basiliekruid pesto (basil)
  • sout en peper
  • Meng die jogurt, roomkaas en swart peper. Maar jy kan net die gewone jogurt gebruik. Ek het roomkaas gehad wat ek moes opgebruik.
  • Sny tamatie se skil – moenie deur die vleis sny nie.
  • Kook vir 10 tot 15 sekondes in kookwater met sout en knoffel.
  • Verwyder die tamaties uit die kookwater en plaas in yswater.
  • Verwyder die skille van die tamaties af en sny die onderste gedeelte af.
  • Nou kan die tamaties makliker uitgehol word. Verwyder die binnekant van elke tamatie.
  • Plaas dit onderstebo neer sodat al die water en sous kan uitloop.
  • Dit verg nogal vernuf, want die tamaties moet heel bly.
  • Plaas onderste bo neer dat al die sous en water kan uitloop.
  • Dit is nogals ‘n proses want die tamaties moet heel bly.
  • In ‘n ander bakkie sny die komkommer, tamaties en bestanddele wat jy gaan gebruik in klein blokkies.
  • Voeg die balsamiese asyn en suiker by, meng deur.
  • Laat staan vir ‘n rukkie en dreineer deur ‘n sif gaan sodat al die vloeistof kan afloop.
  • Skep die slaaimengsel versigtig in die uitgeholde tamaties tot vol.
  • Verdeel die jogurtmengsel tussen die opdien bordjies.
  • Keer die heel gevulde tamatie om en plaas dit oopkant na onder  bo-op die jogurtmengsel in elke opdien bordjie,  sodat niks kan uitloop nie.
  • Nota: Ek het ‘n eetlepel gebruik om te keer dat die vulsel nie uitval nie.
  • Neem basiliekruid pesto en olyfolie en meng. Jy meng maar soveel soos wat nodig het. Dit moet effens loperig wees.
  • Skep ‘n eetlepel van die basiliekruidmengsel bo-op die tamatie en dan skep jy ‘n bietjie van die “slaaisous” wat jy afgegooi het van die komkommermengsel af, bo-oor. Versigtig dat alles nie afloop nie.
  • Sit bo-op bietjie gemengde sade en gekapte sprietuie en bedien.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page