Your Recipe Blog

VEGETARIESE PASTAGEREG MET KAAS

Recipe by
Cook: 10 - 15 minute

VEGETARIESE PASTAGEREG MET KAAS

Nie lus vir lang ure in die kombuis, hierdie is ‘n heerlike gereg gebore uit wat ek in die kas en yskas gehad het.

  • 500 g pasta (ek het skroef pasta gebruik)
  • 4 sprietuie, gekap
  • 2 groot knoffelhuisies, gekap
  • 1 eetlepel gesoute botter, vir braai
  • 85 g Mascarpone kaas
  • 85 g gladde maaskaas
  • 2 groot eiers
  • 150 ml volroom melk
  • ½ teelepel paprika
  • ¼ teelepel fyn gemmer
  • 1 teelepel origanum
  • sout en peper, na smaak
  • 250 g wit Cheddar kaas, gerasper

Voorverhit oond tot 190ºC.
Kook die pasta tot net sag.
Moenie al die water uitgooi nie, maar hou so 200 ml water by die pasta.
Meng die Mascarpone, maaskaas en pasta saam.
Voeg die paprika, gemmer, origanum, sout en peper by en meng deur.
Klits die melk en eiers apart saam en roer dan by pasta mengsel.
Roerbraai botter, knoffel en sprietuie in ‘n pan op medium hitte tot sag en voeg die uie mengsel by die pasta en meng deur.
Voeg die pasta mengsel in ‘n gesmeerde oondbak (300 x 30 x 120 mm).
Sprinkel die Cheddar kaas oor, plaas die bak met pasta in die warm oond en bak vir 10 – 15 minute tot deur gaar, kaas gesmelt en goudbruin is.
Dien op en geniet, heerlik en geurig.

Resep en foto: Anina Kotze

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page