VEERLIGTE WOLKEPOEDING
Elzette Olivier Jacobs – Hierdie Wolke poeding gebruik ek al vir 20jr en het al soveel mense laat O! en A! as hul by my kom eet. Dit is net Fantasties!!! Ek gebruik net Tenniskoekies ipv Mariekoekies en ek het al die kontfyt vervang met Karamel en Piesangs of kersies en klein malvalekkers of kersies en Amandelvlokies.
Hierdie is ‘n Koninglike Wenner!!!!
- 1 pak Mariebeskuitjies of Tennisbeskuitjies
- fyn appelkooskonfyt
- 4 eiers, geskei
- 750 ml melk
- 50 ml suiker
- geroosterde klapper, opsioneel
Breek koekies in stukkies. Pak derde van die koekies in ‘n bak en stip met konfyt.
Herhaal lae twee keer.
Klits eierwitte styf.
Skep lepelsvol op beskuitjies en konfyt. Moet wolkerig lyk, moet nie plat smeer nie.
Maak vla van geklitste eiergele, melk en suiker.
Meng in kastrol, plaas op stoof teen baie lae hittte net tot verdik.
Moet nie laat kook nie!
Skep dadelik lepelsvol warm vla oor eierwitte.
Kan klapper oorstrooi indien verkies of beskuitjie krummels.
Laat staan 1 uur voor bediening.
Foto: Petro van Genderen