VEERLIGTE KLAM SJOKOLADEKOEK
- Sif volgende saam:
- 1 ½ koppie koekmeel
- 1 koppie suiker
- ½ koppie kakao poeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- Klits volgende in n aparte bak saam:
- 2 eiers
- ¾ koppie kookolie
- 1 koppie karringmelk of amasi
- 1 teelepel vanilla geursel
- Versiersel:
- 100 g margarien
- ½ koppie kakao
- 1 ½ koppie gesifte versiersuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 60 ml melk
Meng halwe koppie kookwater met 1 teelepel koffie, hou eenkant.
Klits die nat bestanddele by die droë bestanddele.
Voeg laastens koffie mengsel by. Klits alles goed saam.
Skep in gesmeerde pan en bak by voorverhitte oond van 180°C omtrent vir 30 – 40 minute tot gaar toets.
Intussen maak die versiersel deur die margarien en kakao saam te smelt in ‘n pot.
Meng oor lae hitte vir 2 minute, moenie laat kook nie.
Haal van hitte af. Meng die versiersuiker by kakaomengsel. Klits goed en voeg geursel by.
Klits melk bietjies, bietjies by tot mengsel glad en dik is.
Skep die versiersel oor die warm koek, en laat die koek afkoel voor opdien.
Is ‘n veerligte koek en regtig heerlik.
Resep en foto: Suenell Liebenberg