Your Recipe Blog

VEERLIGTE HAMBURGER ROLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 16 - 18 minute | Servings: 6 rolletjies

VEERLIGTE HAMBURGER ROLLETJIES

  • Maak eerste ‘n Tangzhong:
  • 4 eetlepels melk
  • 2 eetlepels water
  • 2 eetlepels broodmeel

Kook bogenoemde bestanddele saam. Klits aanhoudend tot ‘n pasta vorm. Gebeur baie vinnig, binne 2 minute. Hou eenkant.

  • Deeg
  • 2½ koppies (320 g) broodmeel
  • 2½ eetlepels (35 g) suiker
  • 3 eetlepeps (42 g) sagte, ongesoute botter
  • 1 eier plus 1 eiergeel
  • ½ koppies melk, verhit
  • 1 pakkie kits gis
  • Ekstra:
  • 1 geklitste eier vir bo oor smeer

Los gis in warm melk op en laat staan vir 8 – 10 minute.
Meng droë bestanddele in die bak van ‘n staanmenger met deeghoek. Terwyl op ‘n stadige spoed meng, voeg by melkmengsel.
Voeg dan die Tangzhong by, gevolg deur die eiers.
Deeg gaan lyk of hy nie wil saam kom nie, byt net vas en gee hom kans. Wanneer deeg saamkom, voeg geleidelik botter by.
Knie vir 5 – 8 minute. Vorm in ‘n bal. Plaas in gesmeerde bak en laat rys in ‘n warm plek vir 1 -1½ ure. Knie af en vorm in 6 balle van 95 – 115g elk.
Plaas op ‘n bakplaat met bak papier en laat rys vir 1 1/2 – 2 ure in ‘n warm plek bedek.
Smeer geklitste eier oor die rolletjies.
Bak teen 190ºC vir 16-18 minute en smeer met gesmelte botter sodra uit die oond kom.

Notas:
Deeg rys mooi, so los genoeg spasie tussen rolletjies om te rys.

Burger aand!
Ek het my oorspronklike resep vir die buns gebruik, ek het bruin brood meel gebruik in die beslag, bruin suiker en koekmeel vir die Tangzhong en dit het steeds wonderlike uitgedraai!
Twee vark skouer tjops in die stoompot opgekook, gespice met Worcestersous, paprika, cayanne pepper en knoffel sout. Een ui gekaramaliseer en met balsamiese asyn geprut. Bo op is ‘n basiese swart peper sous. Vir die slaai het ek balsamiese asyn en olyf olie gemeng en bo-oor gedrup.

Lip lek lekker!

Resep en foto’s: Stephanie Kohrs Ferreira

One Review

  1. Stephanie

    Resep kan met bruin broodmeel en bruin suiker gemaak word. Tangzhong kan ook met koekmeel gemaak word.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page