Your Recipe Blog

VARSGEKOOKTE ERTJIESOP

Recipe by
Cook: 3½ uur

VARSGEKOOKTE ERTJIESOP

“Hierdie lekker, varsgekookte ertjiesop wat my vroulief gekook het vanoggend was báááie lekker. Bedien warm; dis ‘n heeeerlike lekker, dik sop.”

  • 2 x 500 g sakkies splitertjies
  • 3 mediumgroot uie, gekerf
  • ½ koppie seldery, gekap
  • 1 eetlepel knoffel, fyn gemaak
  • 3 lourierblare
  • 200 g pakkie stukkies spek
  • 1½ koppies varkskenkel, gesnipper
  • 1 eetlepel olie, vir braai
  • 3 liter groente-ekstrak, sterkte na smaak
  • 2 groot aartappels, gerasper
  • 2 wortels, gerasper
  • 3 blokkies hoenderekstrak, sonder water
  • ¼ koppie Worcestersous
  • tiemie, na smaak
  • sout en peper, na smaak
  • rissievlokkies (chillies), na smaak
  • 1 koppie gerookte varkworsies, gekerf – vir ekstra geur

Plaas ertjies in groot bak en bedek met water (moet toe wees onder water) en laat oornag staan.
Water dit twee keer af en hou eenkant die volgende oggend.
Braai in olie die uie, seldery, knoffel, lourieblare, spek en varkskenkel tot goudbruin van kleur.
Voeg ertjies, aartappels, wortels, hoenderekstrak blokkies (gekrummel) en groente-ekstrak by en kook vir drie ure op medium hitte.
Geur met Worcestersous, sout, peper, rissievlokkies en gekerfde varkworsies. Kook stadig vir nog 30 minute.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page