Your Recipe Blog

VARS KABELJOU OP DIE KOLE

VARS KABELJOU OP DIE KOLE

  • 1 heel kabeljou
  • growwe sout na smaak
  • visspeserye na smaak
  • 2 eetlepels margarien
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel Marmite

Sny die kabeljou oop en besprinkel dit met growwe sout en visspeserye.
Plaas in die yskas vir ten minste een dag of oornag.
Maak ‘n sous van die margarien, appelkooskonfyt en Marmite.
Braai die vis op die vel kant oor redelike lae hitte, terwyl die vleiskant met die sous bekwas word.
Wanneer die vis begin deurgaar word, plaas meer kole onder die rooster en draai die vis vir 2 – 2½ minute op die vleiskant.
Draai dan weer om op die velkant vir nog 2 – 3 minute.

Resep geplaas deur Coetzee Neethling
Foto: Coetzee Neethling

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page