Your Recipe Blog

VARKWORSIE STOKKIES MET SPAGHETTI

VARKWORSIE STOKKIES MET SPAGHETTI

  • 1 pakkie varkworsies
  • 5 klein wit uitjies
  • 5 ingelegde pynappelringe
  • paar mini sosatiestokkies
  • gaar spaghetti
  • 1 blikkie soet tamatiesmoor

Vries die varkworsies en sny in ringe. Skil die uitjies en sny dit in dikkerige ringe. Sny die pynappelringe in kwarte.

Ryg alles aan die stokkies en braai op kole (ek het myne in die oond gemaak in bietjie olie).
Die pynappel se soet gee genoeg geur dat ‘n marinade nie nodig is nie.
Bedien saam met gaar spaghetti waarby ek ‘n blikkie soet tamatiesmoor gemeng het.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page