Your Recipe Blog

VARKWORS- EN KAASBROODJIE

Recipe by
Cook: 90 minute | Servings: 1 broodjie

VARKWORS- EN KAASBROODJIE

  • 900 g varkworsies
  • 150 ml vars witbroodkrummels
  • 2 groot sprietuie, fyn gekap
  • 375 ml Cheddar kaas
  • 2 knoffelvingers, fyn gekap
  • 10 ml Dijon mosterd
  • 15 ml vars tiemie, fyn gekap
  • 45 ml vars pietersielie, fyn gekap
  • 1 ekstra groot eier, geklits

Voorverhit die oond tot 160˚C.
Spuit’n broodpan van 29 x 11 x 7 cm met kleefwerende kossproei.
Druk die vleis uit die wors omhulsel en plaas in ‘n mengbak.
Voeg die res van die bestanddele behalwe die eier by.
Meng goed, voeg dan die geklitste eier by en meng deur.
Skep die mengsel in die voorbereide broodpan, maak mooi gelyk en bedek met aluminium foelie.
Bak vir 45 minute.
Verwyder die foelie en bak vir ‘n verdere 45 minute.
Laat 30 minute afkoel.
Keer uit op opdienbord en sny in skywe.

Resep en foto’s: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page