Your Recipe Blog

VARKTJOPS IN APPELKOOSSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

VARKTJOPS IN APPELKOOSSOUS

Ek lees resepteboeke soos storieboeke en het vandag Wenresepte 5 ordentlik deurgelees. En toe ‘n paar resepte gemerk vir die volgende twee weke. Hierdie is die eerste een – varktjops in appelkoossous. Effens aangepas, maar absoluut heerlik.

  • 8 varktops of vark steaks
  • 1 blik appelkose met stroop, verpulp (410 g)
  • 125 ml mayonnaise
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 25 ml soet rissiesous (sweet chilli)
  • sout en peper na smaak

Pak die tjops in ‘n gespuite oondbak.
Gooi sout en peper bo-oor.
Meng die appelkoossous, mayonnaise, soppoeier en rissiesous saam, en skep bo-oor die tjops.
Bak 1 uur by 180ºC tot goudbruin.
Bedien met rys en groente.

Resep aangepas en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page