Your Recipe Blog

VARKSKENKELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 ure | Servings: 4

VARKSKENKELS

‘n Heerlike oosterse sous.

  • Verwerk in ‘n voedselverwerker :
  • 125 ml tertappels
  • 60 ml olyfolie
  • 125 ml tamatiepuree
  • 45 ml appelasyn
  • 60 ml sojasous
  • 60 ml bruinsuiker
  • 60 ml heuning
  • 15 ml paprika
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 5 ml fyn gemmer
  • Ekstra:
  • 4 x 500 g varkskenkels

Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Vryf die mengsel oor die varkskenkels wat kepe in die vel gemaak is  en in ‘n groot genoeg
oondbak geplaas is en bedek met foelie.
Bak vir drie ure in die oond tot die vleis sag is.
Draai die vleis twee maal om gedurende die bakproses en bedruip met die sous wat in die bak is.
Haal dan die foelie af en grill vir 10 min.
Ons het dit geniet saam met gekookte pampoen en rys en avokado.
Dit was heeeerlik en die vleis heerlik sag.

Resep en Foto : Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page