Your Recipe Blog

VARKSKENKEL KERRIESULT

Recipe by
Cook: 3¼ uur

VARKSKENKEL KERRIESULT

“Is baaaaie djeeeerlik.”

  • 1½ kg skoon varkskenkels
  • asyn, vir week
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel sout
  • 2 teelepels gemaalde swartpeper
  • 2 teelepels witpeper
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 1 kaneelstokkie
  • 3 lourieblare
  • ¼ koppie asyn
  • 1 eetlepel matige, gegeurde (mild and spicy) kerriepoeier, gemeng met ‘n bietjie water

Week vleis oornag in koelkas in asynwater (ten minste vier eetlepels asyn). Dreineer die volgende dag en spoel die vleis goed af met skoon water.
Bedek vleis met water in ‘n kastrol en kook vir 2½ ure of tot sag.
Giet die water af en hou die water eenkant.
Laat die vleis afkoel en verwyder alle beentjies.
Voeg die vleis weer by die water en verhit.
Meng die speserye en geurmiddels en voeg by die vleis.
Meng goed deur en laat prut vir 45 minute.
Laat dit dan afkoel, verwyder kaneelstokie en lourierblare en giet dit in een-liter plastiek koeldrankbottels waarvan die bottel se skuinsdeel van die nek afgesny is.
Plaas die bottels oornag in die koelkas.
Wanneer dit klaar gestol is oornag, sny dit met ‘n outydse broodsnyer sommer so met plastiek bottel en al in mooi eweredige, dik sny en haal net die stukkies plastiek dan af.
OF
Stol dit in ‘n plastiek bakkie in die yskas, sodat jy dit maklik kan sny.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page