Your Recipe Blog

VARKRIBKERRIE IN DIE PRUTPOT

Recipe by
Cook: 4 ure

VARKRIBKERRIE IN DIE PRUTPOT

Vandag is hier nie tyd vir grênd kook nie. Omdat dit ‘n spesiale dag is en die einde van die maand my koskaste bekruip is dit tyd vir skattejag en planne maak. Eerste die vrieskas. Ek by ‘n vleismens. Daar is varkribbetjies waarvan ek nie gebraai gehou het nie. Varkribkerrie! Dis wat hierdie gaan word (in die slowcooker wat ek kan nie heeldag voor die potte ginnegaap nie)
Drie uie, grof in ringe gesny, 1 hele knoffel, moenie tyd mors met 2 huisies nie! 3 groot tamaties, grofgekerf; 5 stingels seldery, fyn gesny, 2 Eetlepels kerrie met water tot pasta gemeng, want die huisdier hou nie van brand goed nie, een eetlepel borrie, niks is vir my ‘n mooier, ryker, dieper geel nie;
Ek gee nie hoeveelhede van die ander kruie nie. Gooi tot hy vir jou lekker lyk, jy kan altyd as hy geurig en gaar is bietjie toor waar jy oordadig of suinig was.
Gerookte paprika (Cape Herbs van Checkers is die beste), komyn, kaneelbas of stokkies, steranys en lourierblare (ander mense sê altyd 2 maar dit lyk so vervelig ek gooi paar ekstra vir oemf; ‘n Skeut balsamiese asyn, swartpeper en sout na smaak. Ek hou van tannie Ina Paarman se sakkies aftreksel en maak 2 aan met 2 koppies water en ‘n halwe koppie melk. ‘n Ding moet gebalanseerd wees, vleis, groente, suiwel, wyn en boorgatsjerrie (water)
Al die goed wals slowcooker toe. Niks fênsie gepak nie, sommer net bymekaar gegooi en deurmekaar soos my kop partykeer is as hy voetpaadjies na nêrens vat.
Jy weet, soms praat ek met myself dan lag ons altwee kliphard!🤣🤣🤣
Nou moet daai slowcooker op hoog asof die hel op hom staan vir 4 ure, of op low tot jy eendag by die huis kom, jou skoene uitskop, ‘n behoorlike konka witwyn Skink en vir hom drapeer oor ‘n stewige paar lepels los gestoomde rys (Hou maar ‘n vars witbrood byderhand, niks eet so lekker soos wanneer jy op pad kooi toe by die kombuis verbyloop en daai pot op jou skreeu om terug te kom en sy sous met die brood te vee en in een beweging in jou mond te druk nie.)
En jy mag. Jy leef net een keer. Werk more weer aan dun word, geniet die potte kos wat jy laat prut en moenie nee sê vir die speserye van die lewe nie!
  • 3 uie, grof in ringe gesny
  • 1 heel knoffelhuisie
  • 3 groot tamaties, grof gekerf
  • 5 stingels seldery, fyn gesny
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • kruie na smaak
  • gerookte paprika
  • komyn
  • kaneelbas of stokkies
  • steranys
  • lourierblare
  • 1 skeut balsamiese asyn
  • sout en peper, na smaak
  • 2 sakkies aftreksel, Ina Paarman
  • vleis
  • groente
  • wyn
  • water

Plaas al die bestandele in ‘n prutpot.
Stel op hoog en put vir 4 ure.
Bedien saam met rys of brood.

Resep en fotos: Dricus Bosman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page