VARKNEK KERRIETJOPS
- 6 varknektjops
- Sous:
- 2 eetlepels blatjang
- 3 eetlepels suurlemoensap
- 1 eetlepel “sweet chillie” sous
- 1 eetlepel matige kerriepoeier
- 1 eetlepel Italiaanse kruie
- 3 eetlepels olyfolie
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
- 1 teelepel suiker
- 1 teelepel knoffelvlokkies
Meng al die sous bestanddele saam.
Doop die nektjops in die sous en pak in ‘n bak, strooi die res van die sous oor die tjops.
Laat staan vir 6 ure in die koelkas.
Braai die tjops op medium skerp kole, nie te vinnig nie, tot lekker sappig.
Dit smaak soos moedersmelk so lekker is dit.
Foto en resep: Gideon Louw