ONTBEENDE VARKNEKROL IN GEMMERBIER
Ons het ons Pappa Luki Nel …met ‘n lekker 3 gang maaltyd bederf op Vadersdag!
- heel ontbeende varknekrol
- 500 ml Stoney gemmerbier
- 125 ml perskeblatjang
- 30 ml Worcestersous of sojasous
- 5 ml fyn gemmer
Meng die gemmerbier, blatjang, Worcester- of sojasous en fyn gemmer saam.
Giet die sous in ‘n gesmeerde oondbak en plaas die varknekrol by die gemmermengsel in die oondbak.
Bedek met foelie en bak die varknek in die sous in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 45 min. Verwyder die foelie en bak ‘n verdere 45 min tot mooi verbruin en gaar.
Resep en foto: Heleen Brümmer Nel