VARK DUMPLINGS
Foto en resep: Jo-Ann Strauss-Jha
- Vulsel:
- 1 koppie varkmaalvleis
- 10 opgekapte garnale
- 1 ui, fyn gesny
- 2 toontjies knoffel, fyn gesny
- stukkie gemmer, fyn gesny
- 1 eetlepel sojasous
- 1 eetlepel hoisansous
- 1 eetlepel vissous
- 2 eetlepels 5-spice poeier
- sout
- witpeper
- gyoza wrappers
- Braai, uie, knoffel en gemmer in pan met 2 teelepels sesame olie tot ligbruin. Voeg maalvleis en opgekapte garnale by.
- Voeg sojasous, hoisan sous, vissous, 5-spice poeier, knippie sout en 2 teelepels gemaalde wit pepper. Braai liggies so vir 8 minute. Die vulsel moet nie loperig wees nie. As dit nog bietjie loperig is, kook nog stadig sodat sous kan verdamp.
- Laat af koel. Skep 1 teelepel vulsel in ‘n gyoza wrapper (sien foto) en bind (vou toe) soos wat julle kan.
- Sit in steamer vir 15 – 20 minute.
- Doopsous:
- 2 teelepels soyasous
- 3 teelepels rissieolie
- Meng goed saam.
- Bedruip oor dumplings en geniet.
- Garneer met sprietuie en sesame seeds.
Category:













