Your Recipe Blog

VARIASIE ROERBRAAI

VARIASIE ROERBRAAI

  • 4 hoenderborsies, ek verkies die sonder vel
  • Marinade:
  • ¼ koppie sweet chilliesous (60 ml)
  • 2 eetlepels sojasous
  • 1 knoffel toon, gekneus
  • 2 teelepels vars gemmer of ½ teelepel fyn gemmer
  • 1 eetlepel sjerrie of een teelepel suiker
  • 2 – 3 eetlepel maizina
  • bietjie olie vir braai
  • Groente:
  • 2 uie, in lang repe gesny, teenoorgestelde rigting as ringe
  • 500 gram murgpampoentjies, in stokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie (as jy van branderige kos hou – kan jy ‘n chillie ook insit)
  • sampioene
Sny die vleis in repe, nie te fyn nie. Meng al die marinade bestanddele saam. Meng met die vleis en laat vir 2 ure of oornag marineer, draai so een of twee keer om.
Marinade moet al die vleis bedek.
Maak olie in pan warm en braai die vleis mooi gooudbruin.
Skep die vleis uit en hou eenkant.
Vee pan uit met kombuispapier, verhit weer ‘n bietjie olie, braai uie en ander groente wat jy gebruik. Sit vleis terug en roer deur.

Bedien met rys

Nota:
Hoender kan met beesvleis vervang word – gebruik rump of sirloin – 500 g
Ek gebruik dan spinasie in plaas van die murgpampoentjies.

Resep en foto: Tosca De Villiers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page