VANILLA MUFFINS MET VARIASIES
So ek’t bietjie gespeel met die pakkie “muffin mix”. Vanilla muffinmengsel en bloubessies bygevoeg en ook iets anders probeer deur Jalapeños by die vanillamengsel te voeg. Moet sê, die Jalapeño muffins is nogal verbasend lekker.
- 1 pakkie vanilla muffinmengsel
- 2 eiers
- 150 ml kookolie
- 250 ml volroom melk
- Jalapeños, opgekap en soveel soos verkies
- bloubessies, soveel soos verkies
Voorverhit die oond tot 150ºC.
Maak die muffinmengsel aan met die eiers, olie en melk, volgens die aanwysings op die pakkie.
Deel die deeg in 2 dele in aparte mengbakke en voeg by die een mengsel die hoeveelheid bloubessies, soveel soos verkies.
Voeg by die tweede helfte deeg die hoeveelheid gekapte Jalapeños soos verkies.
Skep die deeg in voorbereide muffinpannetjies in papier koppies en bak in die voorverhitte oond vir 12 – 15 minute.
Resep en fotos: Rene en Eben Cronje