UIETERT / TARTE AUX OIGNONS
Ek het nou net die uietert gemaak en dit is heerlik.
- 1 rol broskorsdeeg
- 500 ml uie, opgekap
- botter, om uie te braai
- sout en peper na smaak
- knippie rooipeper
- 5 eiers
Rol die broskorsdeeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak (jy kan ook ‘n pakkie deeg van die supermark gebruik) en voer ‘n gesmeerde tertbak met die uitgerolde deeg uit.
Verhit ‘n braaipan op die stoof en braai die gekapte uie in botter tot deurskynend.
Geur die uie met sout, peper en die knippie rooipeper.
Plaas die gebraaide uie op die tertkors.
Breek die eiers in ‘n mengbak en klits dit goed saam.
Giet die geklitsde eiers oor die uie in die oondbak.
Plaas die tert in ‘n voorverhitte oond van 200°C en bak vir 5 minute.
Verlaag die oond se temperatuur tot by 160°C en bak die tert verder totdat die eiers gestol is en effens ligbruin begin verkleur.
Bedien die uietert saam met braaivleis of enige gereg van jou keuse.
Nota:
Ek het ‘n halwe brooddeeg gebruik vir die grootte tertbak.
Ek het die deeg eers sonder die vulsel gebak in ‘n voorverhitte oond teen 160ºC vir ongeveer 7 minute en daarna die vulsel op die tertkors geskep en verder gebak volgens die metode.
Resep getoets en 3de foto: Marie Rheeder Troskie
Foto’s: Marlene Potgieter ek het die tert korsloos gemaak en dit was heerlik.