UIE EN KOMKOMMER ATJAR
- 1 kg (2 Engelse komkommers), in blokkies gesny
- 500 g uie, in blokkies gesny
- 4 koppies water
- Opsioneel:
- 1 groenrissie of 1 peppadew, in blokkies sny
Kook alles saam in water vir 5 minute.
Dreineer en plaas terug in die pot.
- Meng saam:
- 1 ½ koppie asyn
- 1 ½ koppie suiker
- 2 desertlepels kerrie (12.5 ml)
- 2 hoogvol eetlepels Maizena
- 2 hoogvol teelepels mosterd saad
- 1 eetlepel borrie
Giet die mengsel oor die komkommers en kook vir 5 minute.
Bottel warm.
Foto en resep: Theuns Bester
Category:












