Your Recipe Blog

TWEE KLEUR MALVALEKKERS

TWEE KLEUR MALVALEKKERS

Ek was lus vir malvalekkers. Ons maak dit in verskillende vorms en met klapper / sjokolade of waarvoor jy ook al lus het.

  • 500 ml suiker
  • 1 eierwit
  • 250 ml kookwater
  • 7 teelepels gelatien
  • 5 ml vanilla of rooswater
  • 5 ml kleursel vir ‘n tweede laag

Los gelatien op in kookwater. Voeg al die bestanddele in jou klitser se bak. Ek plaas die suiker in,  maak ‘n holtetjie vir die eierwit en dan direk daarop die warm water en gelatien. Klits vir 10 minute. Skep uit in ‘n gespuite oondpan, maak gelyk en laat stol.

Twee kleure:
Om 2 verskillende kleure op mekaar te sit volg hierdie stappe.
Skep die wit uit in die oondpan, smeer gelyk.
Meng kleursel by die res van die mengsel in, klits deur en plaas hopies bo-op die witmengsel, smeer weer gelyk. Laat staan om te stol.
Sny in blokkies, rol in klapper of sjokolade os soos verkies en bere in ‘n lugdigte houer.

Resep en foto: Susan Magdalena Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page