Your Recipe Blog

TURKSE EIERS

TURKSE EIERS

  • ½ koppie ongegeurde joghurt
  • ¼ teelepel fyn knoffel
  • knippie sout
  • 1 eetlepel botter
  • rissie (gedroog of vars), na smaak
  • 1 – 2 kalfsoog eiers (geposjeerde eiers)

Berei kalfsoog eiers.  Terwyl die eiers berei word, verhit joghurt baie stadig oor ‘n pot kookwater tot dit (lou) is, net oor kamertemperatuur. Moenie dat dit te warm word nie. Roer ‘n 1/4 teelepel fyn knoffel en ‘n knippie sout daarby. Smelt  die botter en roer rissie daarby.   Skep die joghurt in ‘n diepbord.  Plaas eier bo op en skep dan die botter oor als.
Baie lekker met ‘n sny vars brood, veral as jou eiergeel nog lekker sag en loperig is.

Nota:
Ek het ook al soetrissie gebruik.

Resep en foto: Annelize van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page