TUNATERT
- 2 blikkies tuna, gedreineer
- 1 gerasperde ui
- 50 ml blatjang
- 50 ml mayonnaise
- 4 eiers, geklits
- 1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngedruk (chips)
- 1 koppie gerasperde kaas
- 100 ml room, melk of Griekse jogurt
Meng al die bestanddele en skep in gesmeerde mikrogolfbak.
Plaas in die mikrogolf op hoog vir 12 – 15 minute.
Middel moet gestol wees.
Nota:
Ek het net bietjie rooi en oranje pepers bygesit en halfuur in die oond gebak.
Foto: Gigi Robinson
Category: