Your Recipe Blog

TUNASKYWE – TUNAROL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min. | Servings: 4 porsies

TUNASKYWE – TUNAROL

Resep geplaas deur Sandra Thorpe
Foto: Sandra Thorpe

  • Deeg:
  • 500 ml (2 koppies) koekmeel
  • 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
  • 2 ml (½ teelepel) sout
  • 5 ml (1 teelepel) suiker
  • 125 ml (½ koppie) gerasperde Cheddar-kaas
  • 125 ml (½ koppie) olie
  • 125 ml (½ koppie) melk
  • Vulsel:
  • 2 eiers, hardgekook, fyngekap
  • 1 blik tuna, in water verpak, gedreineer en gevlok
  • 15 ml (1 eetlepel) fyn gekapte ui
  • sout en peper na smaak
  • 30 ml (2 eetlepels) mayonnaise
  • Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
  • Smeer ‘n bakplaat.
  • Sif die droë bestanddele saam en meng die kaas by.
  • Klits die olie en melk saam en giet by die meelmengsel.
  • Meng deur met ‘n mes tot net gemeng en rol uit op ‘n met meelbestrooide oppervlak tot sowat 7 mm dik.
  • Meng al die bestanddele vir die vulsel saam en smeer oor die deeg.
  • Rol op in die lengte, vorm ‘n halfmaan en plaas op die gesmeerde bakplaat.
  • Sny in skywe, maar nie regdeur nie.
  • Bak sowat 20 minute lank of tot die bokors goudbruin en gaar is.
  • Dien op saam met slaai.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page