Your Recipe Blog

TUNAKOEKIES MET GROENTE

TUNAKOEKIES MET GROENTE

  • 3 blikkies tuna, gedreineer
  • ½ koppie gaar rys
  • ½ koppie gaar baba ertjies en mielies (ek het gevriesdes gebruik)
  • handvol gekapte pierersielie
  • paar gekapte spriet uie
  • 3 eiers
  • 4 eetlepels koekmeel
  • 1 teelepel aromat
  • ½ teelepel pepper

Meng alles saam en maak ‘n mooi ronde koekie. Plaas ‘n rukkie in die yskas.
Braai in vlak olie. Moenie te vinnig die koekies omdraai nie.
Braai eers aan die een kant en keer dit dan om met ‘n spaan en ‘n vurk.
Braai aan die ander kant.
Bedien met kapokaartappels, beetslaai en mengelslaai.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page