TUNA PANNEKOEKGEREG
- ± 5 gaar pannekoeke
- 250 ml gaar witsous
- gerasperde Cheddarkaas vir bo-oor sprinkel
- Tunasous:
- 1 pakkie sampioene, opgesny
- 2 blikkies tuna in soutwater, gedreineer
- 2 skyfies Fetakaas, gekrummel
- 1 bakkie suurroom
- olyfolie vir braai
Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene tot sag.
Voeg die tuna en die Fetakaas by die sampioene in die pan en braai vir ongeveer 5 minute, verwyder van die hitte.
Voeg die suurroom by die tunamengsel en meng goed deur.
In ‘n ronde oondbak of ‘n ronde koekpan, pak lae sous en pannekoek, begin met die pannekoek dan sous en eindig met pannekoek op die boonste laag.
Giet die witsous bo-op die laaste pannekoek en sprinkel die gerasperde kaas bo-oor die witsous.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir ingeveer 25 minute, of tot deurwarm en die kaas gesmelt is. Geniet.
Nota:
Ek voeg sout en peper in die witsous, daarom geen sout in die tunasous nie.
Resep en fotos: Magda Ayres