TUNA JELLIEGEREG
Ek het Liezel van der Merwe se Tuna gereg bietjie aangepas.
- 2 blikkies tuna, water afgegooi
- 1 koppie mayonnaise
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 ui, fyngekap
- 2 pakkies suurlemoen jellie
- 3 sakkies gelatien
- 1 pakkie aarbei jellie
- ½ koppie feta kaas
- fyn gekerfte biltong / Bündnerfleisch of iet soorgelyks
Maak die aarbei jellie en 1 sakkie gelatien met 1 koppie kookwater aan.
Laat effens afkoel en giet in die silicone vorm nadat jy dit goed met “Spray&Cook” gespuit het. Sit in die yskas.
Meng die tuna, fyn gekapte ui, mayonnaise, en kaas.
Maak die 2 pakkies suurlemoen jellie en 2 sakkies gelatien met 2 koppies kookwater aan.
Laat effens afkoel en meng dit baie goed met die tunamengsel.
Laat effe afkoel en giet bo-op aarbei jellie in die silicone vorm.
Plaas in die yskas om te stol.
Ek het die holte in die middel met biltong en Bündnerfleisch gevul.
Bedien op Bacon Kips of iets soorgelyks.
Resep aangepas en foto: Jan Salti Viljoen












