TUNA EN EIER ROLADE
Perfek vir ‘n ligte middag ete of voorgereg.
- Rolade:
- 60 g botter of margarien
- 75 ml koekmeel
- 400 ml melk
- 4 eiers, geskei
Smelt die botter in ‘n kastrol.
Voeg die meel by en roed goed.
Kook vir 2 minute.
Voeg melk by en roer aanhoudend tot die mengsel romerig is (geen klonte)
Kook op matige hitte terwyl dit aanhoudend geroer word.
Wanneer die sous dik is en geen klontjies het nie verwyder van die hitte af en laat afkoel.
Voeg eiergele by en meng goed deur.
Klits eierwitte tot styf.
Roer ‘n derde van die eierwit mengsel by die witsous meng goed deur.
Vou die res van die eierwit by. Vou stadig en egalig in tot daar geen eierwit kluitjies is nie.
Skep die mengsel in ‘n uitgevoerde rolkoek pan (bakpapier moet bo die kante van die pan uitsteek en moet met olie of spray and cook gesmeer wees).
Bak vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond 190°C of tot goudbruin.
Laat effens afkoel. Keer die rol uit op ‘n teedoek en rol op met waspapier na binne.
Laat heel koud word.
- Vulsel:
- 5 eiers, gekook en grof opgekap
- 1 blikkie tuna, gedreineer
- 85 ml mayonnaise
- sout en peper na smaak
- 5 ml Italiaanse kruie, of gemengde droë kruie
- 5 ml knoffel olie, opsioneel
Meng alles goed deur.
Rol die afgekoelde rol oop en verwyder die bakpapier versigtig.
Smeer die vulsel oor die rol. Laat 1 cm om alle kante oop.
Rol weer op en plaas in yskas om te stol (ongeveer 30 tot 60 minute).
Sny in 2 cm skywe en bedien met ‘n vars slaai.
Tuna and egg roulade
Ideal for light lunches or as starters.
- Roulade:
- 60 g butter or margarine
- 75 ml flour
- 400 ml milk
- 4 eggs, separated
Melt the butter in a saucepan.
Add the flour and stir until a ball forms.
Cook for 2 minutes.
Add milk and mix until the sauce is creamy and lump-free.
Simmer on medium heat while stirring.
When the sauce has thickened up and there are no lumps remove from heat and allow to cool.
Add the egg yolks and mix well.
Whisk egg whites to stiff peaks.
Stir a third of the egg whites into the sauce.
Fold the rest of the egg whites into the sauce gently until it is well combined with no egg white lumps.
Pour mixture onto a lined jellyroll pan. (The parchment or baking paper must stick out over the pan and must be lined with oil or spray and cook).
Bake for 15 minutes in a preheated oven at 190°C or until golden brown.
Let it cool down. Turn it out on a tea cloth and roll up with parchment paper being inside. Let it cool down completely.
- Filling:
- 5 boiled eggs, roughly chopped
- 1 can tuna, drained
- 85 ml mayonnaise
- salt and pepper to taste
- 5 ml Italian herbs, or mixed dried herbs
- 5 ml garlic oil, optional
Mix all ingredients well.
Unroll the roulade and gently remove the parchment paper.
Spread filling on top leaving 1 cm open on all sides.
Roll it up and place in fridge to set (30 to 60 minutes).
Cut into 2 cm thick slices and serve with a crisp salad.
Resep en foto: James Gillespie
Dricus Bosman
Dit is by verre die ligste en maklikste roulade wat ek ooit gemaak het. Versier met strooisels vars pietersielie en gooi maar nog kraakvars swart pepertjie oor vir kleur…