Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE SPEK-, SPINASIE- EN SAMPIOEN RAVIOLI

Recipe by
Cook: 8 minute per 4 porsies | Servings: 16 porsies

TUISGEMAAKTE SPEK-, SPINASIE- EN SAMPIOEN RAVIOLI

Hierdie ravioli word bedien in gebrande knoffelbotter gegarneer met gebraaide dennepitte, sesamesaadjies en roketblare.

  • Pasta:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels olie
  • 1 eetlepels water
  • 1 teelepel sout
  • Vulsel:
  • 1 groot rooi ui
  • 1 pakkie spek
  • 1 pakkie sampioene
  • 1 eetlepel fyngekapte roketblare
  • 1 klein pakkie baba spinasieblare
  •  knippie sout
  •  swartpeper na smaak
  •  klontjie botter
  • ⅓ teelepel sesame olie
  •  1 teelepel suiker
  •  2 eetlepels blatjang
  •  1 koppie cheddar kaas, gerasper
  •  pot kookwater met sout
  •  Gebrande knoffelbotter:
  •  250 g botter
  •  1 eetlepel vars gekapte knoffel
  •  Garnering:
  •  3 eetlepels sesamesaadjies
  •  1 klein pakkie dennepitte

Deeg:
Meng die deeg bestanddele alles goed saam en knie vir ongeveer 8 minute totdat dit elasties is. Die deeg lyk aan die begin droog, maar sal bymekaar kom nadat dit vir ‘n rukkie geknie is.
Maak die deeg toe in kleefpapier en laat rus vir 30 minute. Sny in 4 dele.
Ek rol die pasta deur die pastamasjien, andersins kan dit met ‘n koekroller baie dun uitgerol wod.

Vulsel:
Braai al die bestanddele vir die vulsel in die botter en sesameolie, behalwe die kaas tot gaar.
Plaas in ‘n voedselverwerker en kap fyn. Voeg die kaas by en meng deur met ‘n lepel.
Skep eetlepels vol van die vulsel op ‘n uitgerolde pastavel met genoeg spasie tussenin om toe te maak.
Maak die randte om die vulsel nat met jou vinger wat in water gedoop is.
Plaas die volgende uitgerolde pastavel bo-oor die vulsel.
Druk die deeg mooi aanmekaar vas waar die water gesmeer is.
Sny die vierkante deur en druk die kante mooi met ‘n vurk vas.
Kook water en sout in ‘n pot.
Wanneer die water begin borrel, plaas 4 ravioli op ‘n keer binne in die kookwater en kook vir ongeveer 8 minute tot gaar.
Voltooi die proses met die res van die ravioli.

Gebrande knoffelbotter:
Braai die botter tot ‘n donker kleur – wees versigtig vir brand.
Voeg die knoffel by die botter en braai liggies saam – die knoffel moet nie brand nie.

Garnering:
Braai die sesamesaad en dennepitte in ‘n skoon pan tot effens bruin.
Braai porsies ravioli in die botter.
Dien ravioli op in ‘n bord met bietjie van die gebrande botter.
Strooi van die sesamesaad en dennepitte bo-oor die pasta.
Versier met bietjie fyn gekapte roketblare.

Resep en foto: Marian van Deventer

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5