TUISGEMAAKTE SOUSBONE MET BOTTER
- 500 g gespikkelde bone
- 1 koppie bruin asyn
- ½ koppie suiker
- sout vir na kook en peper
- 1 eetlepel Maizena
- 3 eetlepels botter
MOENIE SOUT BY BONE VOEG TERWYL DIT KOOK NIE !
Bone uitgesoek en oornag in water laat lê. Ek doen nie die uur ding nie.
Volgende dag: kook die boontjies toe onder water tot lekker sag.
As water te veel is, skep af.
Voeg nou die asyn, suiker, sout en peper by.
Voeg die botter by en roer deur.
Indien te waterig maak Maizena aan met klein bietjie van die water in pot.
Roer deur die boontjies en prut so 3 min.
Proe en as enigiets kort voeg by na smaak.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff