Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE RYSMELK

TUISGEMAAKTE RYSMELK

Kan myself skop dat ek nog altyd soveel betaal het vir die melk. Dit is sooo maklik om te maak.

  • 1 koppie gaar gekookte rys
  • 2 koppies gefiltreerde water
  • knippie sout

Spoel die gaar rys deeglik onder lopende water om al die stysel uit te was.
Voeg die afgewasde rys, gefilterde water en sout in ‘n voedselverwerker en verwerk die mengsel tot glad.
Giet die rysmelk deur ‘n sif of doek om enige soliede stukkies te filtreer.
Dit is heerlik glad en romerig.

Nota:
My voedselverwerker het gegaan, so 2de beste was ‘n handmenger (Stick blender). Werk net so goed, ek het dit net langer verwerk.
Dit is jou keuse of jy die melk wil filtreer deur ‘n sif of ‘n doek.
Ek het die rysmelk saam met ons seuntjie se rooibostee probeer. Hy het geen klagtes gehad nie.

Resep en foto: Carmari Fourie Strobos

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page