TUISGEMAAKTE ROOI WYN
Ek en my dogter het dit al ‘n paar keer gemaak. Dit proe soos ‘n lekker rooiwyn, nie te droog en nie te soet. Geniet dit.
- 4.3 liter rooi “grape liquid fruit”
- 1 pakkie kitsgis
- 400 g suiker
- 500 ml lou water
Plaas die lou water in ‘n groot 5 liter plastiek bottel.
Voeg die suiker en gis by en skud net so liggies, voeg dan die liquid fruit by.
Wanneer alles in die bottel is, sit die prop skeef op, moet NIE STYF TOEDRAAI NIE, DIT SAL ONTPLOF.
Ek het ‘n klein lappie oorgegooi net vir die vrugte vlieë.
Laat staan vir 10 dae en dan gooi jy dit deur ‘n sif en dan deur ‘n kaaskoek lappie.
As jy klaar gebottel het, sit die prop styf op en sit in die yskas, maar regop moet nie laat lê nie.
Gebruik ‘n draaiprop, dit is net beter en veiliger.
Maak lekker koud en geniet.
- TUISGEMAAKTE ROOI WYN nog ‘n variasie
- 3½ liters water
- 3 koppies suiker
- 200 ml rosyntjies
- 100 ml rys
- ½ pakkie wynsteensuur (tartaric acid)
Meng bogenoemde en laat staan om te werk.
Na 2 of 3 dae, meng 1 liter Red Grape 100% by en laat dit weer rus.
Wanneer dit ophou borrel, meng nog ‘n halwe liter Red Grape 100% by.
Giet die wyn in bottels en bêre in die yskas.
Nota:
As jy dit vinniger wil maak, gooi ‘n mespuntjie kitsgis by.
Geplaas deur Marlene Minderon
Foto: Marlene Minderon