Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE PERFEKTE “CREAM CARAMEL”

TUISGEMAAKTE PERFEKTE “CREAM CARAMEL”

Ek wou eintlik nie my resep gee nie maar net soos my Tennis biscuit resep het ek baie ge-eksperimenteer en duur lesgeld moes betaal voor ek dit reg gekry het, maar omdat julle sulke oulike mensies is en omdat dit juis my motto is ‘Made with love to Share’.

  • 800 g fyn suiker of strooisuiker
  • 250 g regte botter (niks anders as regte botter nie)
  • 250 ml regte room
  • 1 blik kondensmelk
  • 10 ml vanilla geursel
  • 1 of 2 kaneel stokkies
  • 5 ml all spice (5 spices mix)

In ‘n groot swaarbodem pot smelt botter, kondensmelk,  150 ml room en suiker saam. Sit die kaneel stokkies by die mengsel in en bring na kook punt. Bly roer, as dit begin borrel verlaag die hitte en laat al roerende kook vir omtrent 30 min tot lig bruin.
Haal van stoof en op ‘n hittebestande oppervlakte, roer versigtig die laaste room, vanilla en die all spice by. (pasop dit kan spat en is baie warm).
Nou kom die geheim:
Klits met ‘n elektriese klitser tot lig en romerig en dat dit begin dof word. Dit moet redelik afgekoel het.
Gooi nou in ‘n plat bakplaat wat gevoer is met bakpapier en smeer liggies of spuit met antikleefmiddel.
Maak ‘n patroon met ‘n vurk om die strepe bo op te kry.
Laat heeltemaal afkoel vir so ‘n paar uur.
Sny in blokkies met ‘n pizza mes of waarmee jy wil sny.
Haal nou uit die bakplaat en trek papier af.
Jy mag hier ook die patroon op maak met ‘n vurk omdat dit nog baie sag is.
Haal almal los van mekaar en sit op ‘n hout bord of op ‘n kombuisvadoek en bedek dit ook met ‘n kombuis vadoek vir n dag!!
Dit moet bietjie staan om bietjie ‘uit te droog’ maar niemand kan regtig weerstaan om te proe nie, maar glo my hy is lekkerder die dag daarna!!
So daar het julle die beste cream caramels resep.

Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page