Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE “LAYS” SKYFIES

TUISGEMAAKTE “LAYS” SKYFIES

  • aartappels (soveel as jou hart begeer, ek het 2 grotes gebruik)
  • sout en peper of enige ander speserye (popcorn spesery werk ook lekker)
  • ‘n aartappel skiller
  • olie vir diepbraai

Sny die aartappels met skil en al in ‘n klomp skywe met die aartappel skiller sodat dit lekker dun is.
Verhit jou olie in ‘n dikboom kastrol tot warm. Ek het die plaat op 5 gehad.
Sit ‘n paar skyfies in en braai tot goudbruin, skep die skyfies uit die olie op kombuis papier en sprinkel met sout en peper of spesery van jou keuse en geniet.
Dit is lekker as jy van vars skyfies hou.

Resep en foto: Jean-Marié du Plessis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page