Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE “JELLY BABIES”

TUISGEMAAKTE “JELLY BABIES”

  • ½ koppie yskoue water
  • ¼ koppie gouestroop
  • 2 sakkies gelatien
  • 1 pakkie jelliepoeier (enige kleur of geur)

Neem die water en voeg die goue stroop by en meng goed.
Giet die mengsel in ‘n pan.
Voeg die gelatien en jelliepoeier by.
Roer tot gelatien en jellie opgelos is, dit vat ‘n paar minute om te meng. (vat jou tyd en maak seker dis goed gemeng anders is daar baie skuim)
Kook die mengsel op medium hitte tot die mengsel deurskynend is – so 5 tot 10 min.
Roer gereeld anders brand dit.
Giet die mengsel in enige vormpies en los dit so 5 ure om te STOL.

Nota:
Silicone is beter want dit kan buig om dit uit te haal as dit gestol is.
As jy nie genoeg vormpies het nie, giet dit in ‘n beker en laat dit STOL.
Jy kan dit dan weer later in die pot op die stoof sit en dit weer smelt, lae hitte- en dit dan in die vormpies giet om te stol.

Resep: Zelda Snyman de Villiers
Foto: Elizabeth Haupt
Ek het vir my seun vandag hierdie jellie lekkers gemaak. Resep presies so gevolg, maar net appel jellie gebruik en in strooisuiker gedoop nadat dit gestol het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page