TUISGEMAAKTE HOENDERNOEDELSOP
Het dit self al 2 keer gemaak en dit proe fantasties ❤️
- 2 wortels, gerasper
- 1 aartappel, geskil en gerasper
- 1 ui, gerasper
- 1 teelepel knoffel
- 2 blokkies hoender ekstrak
- ½ pakkie spaghetti, in fyn stukkies
- 1 pakkie hoendernoedelsoppoeier
- 2 hoender borsies, klein blokkies gesny
- peper
In ‘n pot met olie, voeg die gerasperde ui, knoffel en die hoender in. Sodra die uie en hoender gaar is, voeg ‘n bietjie water by en sprinkel die hoender blokkies in.
Voeg die spaghetti in die water saam met die aartappel en die wortels. Voeg peper by soos verkies vir smaak. Laat deur kook.
Sodra die spaghetti sag is, voeg meer water by waarby die hoendernoedelsoppoeier ingemeng is. Laat dit kook tot verdik en haal van die stoof af.
Resep geplaas deur Tiffany Amber Whiteley
Foto: Tiffany Amber Whiteley