Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 min. | Servings: 5 ½ heuning flessies

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP

Vandag weer ‘n slag gouestroop gekook. Ek het die resep verdubbel en 3.85 kg stroop uitgekry.
Ek het ook die kremetart met 1 teelepel op die dubbel beslag verminder, anders is dit te suur.
Ek het by die dubbele beslag 25 ml kremetart bygevoeg.

  • 6 x 250 ml suiker
  • 750 ml (3 koppies) koue water
  • 15 ml (3 teelepels) kremetart

Meng suiker, die helfte van die water en kremetart in ‘n groot kastrol.
Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin is, sowat 15 – 20 minute.
Voeg res van die water stadig by en roer deur.
Verwyder van hitte en giet in gesteriliseerde flesse.

Foto en resep geplaas deur Petré van Jaarsveld

Nota:
Carina Krüger  – Ek doen dieselfde, maar voeg die laaste paar min so 10 ml karamel geursel by – heerlik.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5