Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE “CHOCOLATE LOG”

TUISGEMAAKTE “CHOCOLATE LOG”

“Chocolate log – my weergawe”

  • 2 pakke wafers (die roomysbeskuitjies)
  • 1 groot pak malvalekkers, hoeveelheid na smaak (verkieslik tuisgemaak)
  • baksjokolade, genoeg vir bedekking
  • waspapier
  • 2 vierkantige glastertbakke
  • 1 kg suiker
  • 375 ml water
  • 60 ml gelatien
  • 200 ml koue water
  •  5 ml vanilla geursel

Voer twee vierkantige glasbakke uit met waspapier en pak die waferbeskuitjies mooi langs mekaar.
Kook die malvalekkers saam met die suiker en 375 ml water op vinnige hitte vir 7 minute.
Los die  gelatien op in 200 ml koue water, deur dit net op die water te strooi en nie te roer nie.
Voeg die gelatien by die warm stroop sodra dit van die stoofplaat afkom saam met die vanilla geursel en roer alle mooi deur.
Laat dit afkoel tot koud.
Klits die mengsel vining met ‘n elektriese menger vir 12 minute totdat dit ‘n dik, skuimerige mengsel vorm.
Versprei die mengsel egalig oor die beskuitjies en plaas dit in die yskas vir vier ure.
Smelt die sjokolade en versprei dit bo-oor die malvalekkerlaag.
Plaas die lekkers  in die yskas en laat die sjokolade net stol.
Keer die gestolde lekkers uit op ‘n werksoppervlakte en gebruik beskuitjies as riglyn om die stafies te sny.
Verpak in lugdigte houer.
Lekker bederf vir die soettande!

Resep en fotos: Martie Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page