TUISGEBAKTE KAASBROOD
- 5 koppies koekmeel
- 2 pakkies droë kitsgis
- 1 teelepel suiker
- 2 teelepel bakpoeier
- ½ koppie melk
- 1½ koppie louwarm water
- 500 g brisket vet, in blokkies gesny (spek of vark spek kan ook gebruik word)
- 100 g kaas, in blokkies gesny
- 1 bossie sprietuie
- 2 uie
- knippie sout
Braai die vetblokkies en uie saam tot die uie gaar is, laat staan om af te koel. Meng al die droë bestanddele saam, voeg die melk en water by en meng. (Moet ‘n nat deeg wees.) Meng die vet en uie in by die meelmengsel.
Smeer ‘n groot pan met botter, skep die deeg in die pan en laat staan om te rys tot dubbel die grote.
Verhit oond op 120˚C.
Bak vir ongeveer 60 minute of tot gaar wanneer jy toets.
Resep en foto’s : Dawie Rontgen