Your Recipe Blog

TROPIESE WORTELKONFYT

TROPIESE WORTELKONFYT

  • 1 kg rou wortels, grof gerasper
  • 1 pynappel, gesny en gerasper
  • 4 granadillas se pitte (of 1 klein blikkie moes)
  • 1 nartjie se skil of lemoenskil (kan ook 2 eetlepels “citrus peel” insit)
  • 4 suurlemoene se sap (50 ml)
  • 1 kg wit suiker
  • 2 teelepels gemner
  • ½ teelepel kaneel

Kook gerasperde wortels in water, net genoeg om te bedek tot sag. Plaas in vergietes om te dreineer, moenie die water weggooi nie.
Skil en rasper die pynappel, haal granadilla pitte uit en druk suurlemoene se sap uit.
Plaas al die bestanddele behalwe gemmer en kaneel in groot genoeg pot op stoofplaat, kook op matige hitte sodat suiker kan smelt, roer gereeld.
Voeg 200 ml van die water wat jy gehou het by. Stel hitte vinniger daarna soos met die kook van konfyt.
Wanneer die konfyt goed kook, word die gemmer en kaneel bygevoeg. Roer tussen deur en indien daar skuim is, skep dit af.
Toets konfyt in ‘n yskoue piering om seker te maak dit is reg.
Bottel warm in gesterliseerde bottels.

Nota:
Ek het die wortels gerasper, dan het dit die tekstuur van “perske snipper” konfyt. Indien jy dit fyn wil hê maal dit na die eerste kook proses. Of gebruik “blender stick”.

Resep en fotos: Hettie Stoltz

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5